
=====================================================================
Afrikaans in spreekkamer en by siekbed (AV 6:4)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Afrikaans in spreekkamer en by siekbed

  H.P. Wassermann kyk terug op die ontstaan van die Afrikaanse mediese vak- en wetenskapstaal en beoordeel hoe dit teenswoordig gebruik 
word.       Noodwendig moet vaktaal k 'n wetenskapstaal wees. Onder die elf amptelike tale van ons land is daar slegs twee wat as 
wetenskapstale dien. 'n Vaktaal wat ook 'n wetenskapstaal is, is 'n taal wat die wetenskaplikes onderling met mekaar praat, maar wat 
terselfdertyd 'n maklik verstaanbare kommunikasiebrug bou tussen die gebruiker en die verskaffer van gesondheidsorg.

'n Medies-vakkundige manuskrip het reeds in 1793 in Suid-Afrika uit die gansveer van J.F. Hzner, 'n Duitse immigrant, verskyn. Dit is 
geskryf in 'n geradbraakte Nederlands (oftewel embrioniese Afrikaans) as Huislijk geneeskundig Handboek voor de Ingesetenen van Nederlands 
Afrika (Kaapse Argief MOOC 14/143), en was byna onleesbaar totdat L.C. van Oordt, in opdrag van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap 
en Kuns, die manuskrip leesbaar oorgetik en woordeliks in moderne Afrikaans vertaal het.

Hzner het as mondige knaap Kaap-toe gekom juis toe daar in Europa kwaai gewroeg is oor die kommunikasiegaping tussen dokters en siek 
mense; let wel, nie pasinte nie, want hulle was die bevoorregte landhere wat dikwels ook die klassieke tale, die lingua franca van 
dokters, verstaan het. Die besorgdheid was oor die grootste deel van die bevolking, die lyfeienes, wat uitgelewer was aan allerlei 
kwaksalwerye en alternatiewe uitbuitery.

Die probleem is nog steeds met ons, want in 1997 het die Royal College of Physicians van Londen 'n taakgroep saamgestel om leemtes in die 
Engelse dokter-pasint-kommunikasie te bepaal. In Suid-Afrika is die probleem veel groter en hou verband met die aantal ongeletterdes en 
die hoeveelste taal van die spreker die inligting moet oordra.

Op mediese gebied was veranderings (transformasies!) aan die orde van die dag in die Europa van die post-Renaissance. Die ontwakende 
sosiale gewete het hom toenemend gekwel oor die uitbuiting van ongeletterde, bygelowige lyfeienes; die ho kindersterftesyfers en meelewing 
met die welsyn van die werkende moeder het Frankryk van 1737 genoop om vroedvroupraktyke te begin reguleer.

Om die eenvoudige, ongeletterde plattelanders bewus te maak van gesondheidsorg, basiese higine en die beskikbaarheid van dienste by 
klinieke, is gesondheidshandleidings deur geestelikes soos John Wesley (in medewerking met dr. Cheyne) geskryf, deur dokters soos Buchan in 
Engeland, en deur nyweraars soos Tissot van Switserland.

Die jong Hzner het di idee Kaap toe gebring, waar die omstandighede klaarblyklik net so erg of erger as in Europa was, veral in die 
Kamdebo, waar hy later gepraktiseer het. Die prag-en-praalwette van Ryk Tulbagh was onder meer gemik teen wat Buchan "the idle, affected 
and luxury loving rich" noem, wanneer hy te velde trek teen die verderflike lewenstyl wat die oorsaak is van hulle "premature illness, the 
consequence of grown men being carried about in sedan chairs, nights drinking, gaming and overeating".

Die handleidings, wat spoedig in die meeste Europese tale vertaal is, was baie gewild. Destyds was daar nog nie vakwetenskaplike tydskrifte 
nie en min mense het baat gevind by die obskure filosofiese redenasies in koerante, of kon iets wys word uit die Latynse terminologie van 
die dokters.

Die gesondheidsdienste op die Kaapse platteland is, soos in Europa, gelewer deur "the unlettered, the empiric, the Jew, the monk, the 
actor, the barber, the old woman ... While they profit, the power of medicine suffers." (Salvatore de Renzi.)

Geboorte van vaktaal

Kort n Van Riebeeck se aankoms hier het Thomas Blount (1656) die nuwe Renaissance-taal in sy Glossographia ... hard words together with 
Divinity terms, Law, Physic, Mathematics and other Arts & Sciences, probeer verduidelik en siedaar, die geboorte van die vaktaal!

Hzner praat in sy manuskrip telkens van "die dinge wat die natuur ons leer". Hy was beswaard oor die "allerergste bygeloof" rakende kruie 
en gelukbringers. Hy veroordeel vroue se gewoonte om kaalvoet te loop, en die gebruik om heeldag koffie te drink. Hy gebruik die gangbare 
siektename van destyds en verklaar dit.

Die Britse Setlaars het 19 dokters na Suid-Afrika saamgebring en so 'n sterk akademiese invloed in die Oos-Kaap ingevoer. Van 1840 af het 
Duits-Joodse dokters die plattelandse dorpe begin bedien en die spreekwoordelike "slim Joodse dokter" verskyn op die Karoodorpe. Uit die 
Hollandse, Engelse, Duitse en Franse ingevoerde mediese terminologie ontstaan plaaslike Afrikaanse terme vir die Grieks-Romeinse begrippe.

In 1935 verskyn Van der Merwe en Louw se Mediese Woordeboek -- 'n pionierswerk. Hulle neiging om Latynse terme te verafrikaans is die begin 
van 'n baie moderne neiging, ook te sien in Anglo-Amerikaanse mediese woordeboeke sedert die laat tagtigerjare, om die geneeskunde op 
demokratiese wyse vir almal deursigtig te maak. Destyds het di neiging egter fel kritiek uitgelok, want platvloerse terme is voorgestel. 
Die baba is toe vrylik met die badwater uitgegooi: vrugpisuitleiergroef vir urethral groove ten regte, maar streepliggaam vir die corpus 
striatum of ho bloeddruk vir hipertensie beslis ten onregte.

Soos elders in die wreld ontplooi 'n vaktaal egter eers selfstandig met die totstandkoming van universiteitsfakulteite. Plaaslik was die 
eerste Afrikaanse mediese fakulteite di van Pretoria (1948) en Stellenbosch (1956). Twintig jaar lank het die Universiteit van 
Stellenbosch se Mediese Taalkomitee, onder voorsitterskap van prof. A.J. Brink, in medewerking met 'n taalrubriek in die SA Mediese 
Tydskrif (destydse redakteur dr. A.P. Blignault), die verklarende Woordeboek van Afrikaanse Geneeskundeterme (WAG) saamgestel. In Pretoria 
het prof. H.W. Snyman 'n vertalende woordeboek as eenmanstaak saamgestel. Die voorwoord bevat breedvoerige leksikografiese beginsel-
uiteensettings. Afrikaanse vakartikels word van 1960 af in 'n internasionale bibliografiese bronnegids met (Afr.) agterna aangedui. 
Honderde mediese studente word aan drie mediese fakulteite in Afrikaans opgelei; want daar is immers niks wat op medies-vakkundige gebied 
ges of geskryf word, wat nie ewe goed of beter op Afrikaans ges kan word nie.

'n Onrusbarende verskynsel sedert die middel van die negentigerjare is die verskyning van 'n Judas-spesie van mediese joernaliste. 
Weliswaar is Brink se WAG al twintig jaar oud, maar die meeste terme wat joernaliste nou nuut op die Internet en elders ontdek en lukraak 
vertaal, is immers meesal in suiwer Afrikaans en wetenskaplik suiwer in die WAG beskikbaar. Met min moeite en 'n bietjie taaltrots het geen 
joernalis (soos di van 'n wydgelese Sondagblad) nodig om verkeerdelik na 'n ekoli bakterium in plaas van E. coli (vir Escherichia coli) te 
verwys nie. Die verlengde QT-sindroom ('n verlengde QT-interval op die elektrokardiogram) wat in 'n gewilde Afrikaanse tydskrif skielik 
ontpop het as 'n "nuwe" long QT (sic) sindroom, is lankal bekend en Afrikaanse navorsers het baie van die vroegste navorsing daaroor 
gedoen. Die oudste Afrikaanse dagblad maak op twee agtereenvolgende dae die Franse internis Etienne-Louis Fallot (1850-1911) die vader van 
die Tetralogie van Fallop. Talle ander verminkings en misleidings kom gereeld voor.

Benewens die meer as 50 Afrikaanse mediese teksboeke wat by drie Afrikaanse mediese fakulteite gebruik word, is daar duisende praktiserende 
geneeshere wat daagliks met tienduisende pasinte gemaklik suiwer Afrikaans praat. Geeneen van hulle sal waarskynlik huiwer om joernaliste 
te help met sowel suiwer verklarings as goeie Afrikaanse terme nie. Per e-pos en faks kan nauurs navrae gehanteer word.

As enigste vaktaal wat hier uit eie bodem gegroei het, verdien die Afrikaanse mediese vaktaal minstens die respek wat sy ervaring en 
ouderdom toekom. So lank as wat Afrikaanspraters siek word, sal dokters (uit enige taalagtergrond) met hulle Afrikaans praat of probeer 
praat; maar dit moet dan uit selfrespek minstens verantwoord en suiwer wees! Die behoefte is deurslaggewend. Vanwe 
geletterdheidsontwikkeling sal toenemend gesofistikeerde begrippe aan Afrikaanssprekers verduidelik mt word. As daar telkens geradbraak 
en loslit uit ander tale vertaal word, ontneem dit die Afrikaanse mediese vaktaal die trotse prestasie wat dit in 'n kort halfeeu behaal 
het: dat Afrikaans die jongste volwaardige vaktaal in die wreld is. Soos 'n spreektaal, kan 'n vaktaal ook weens onbruiksatrofie kwyn en 
sterf. Prof. H.P. Wassermann is 'n voormalige dekaan van die Mediese Fakulteit van die Universiteit van Stellenbosch.

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av6424.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Desember 1999 /// Feeswense (AV 6:4) /// Gehegtheid aan taal moet opnuut 
geskep word. (AV 6:4) /// Bokke (AV 6:4) /// Afrikaans reik uit na ander gemeenskappe (AV 6:4) /// Hulle laat selfvertroue en aanleg blom 
(AV 6:4) /// Voorsitters (AV 6:4) /// Om saam te neem vir die 21ste eeu (AV 6:4) /// Berese en gelese webwerf (AV 6:4) /// 'Ons baklei om 
Afrikaans relevant te hou' (AV 6:4) /// Aanwins vir die tweedetaaldosent (AV 6:4) /// Ly die Afrikaanse letterkunde aan J2K? (AV 6:4) /// 
Afrikaans gaan met lus skool! (AV 6:4) /// Moedertaal doen flinke WWW (AV 6:4) /// 'n Kaapse skaap (AV 6:4) /// Regering en Taalklousule 
(AV 6:4) /// Die tas (AV 6:4) /// Dit gaan goed met die WAT (AV 6:4) /// Hier word woorde gevier (AV 6:4) /// Ver van die einde aan ons 
woorde (AV 6:4) /// Jong skrywers word besiel en geleer (AV 6:4) /// Afrikaans in Namibi: die voor- en teenspoed (AV 6:4) /// Slaggate vir 
Afrikaans op skool (AV 6:4) /// Te vet (AV 6:4) /// Afrikaans in spreekkamer en by siekbed (AV 6:4) /// Multikulturaliteit gaan groot rol 
speel (AV 6:4) /// Besoek aan Ratanga pretpark (AV 6:4) /// Afrikaanse taalkunde in Belgi bespreek (AV 6:4) /// Skep 'n ware paradys vir 
boeke! (AV 6:4) /// Die noodlot (AV 6:4) ///

